WELKOM

'n Uitstappie met 'n verskil: Spookstories - Inligting oor die bonatuurlike - Delf terug in die geskiedenis.

Beleef ‘n aand propvol storievertellings van spookverhale, legendes en ander aangrypende bonatuurlike ondervindings.
‘n Uitsonderlike ervaring deurweef met die interessante geskiedenis van Pretoria, sy geboue en sy omgewing.
‘n Aand uit wanneer ons terug stap in tyd; terug op die voetspore van hulle wat lank voor ons hier gewoon, gewerk en geleef het – maar waarvan sommiges vergeet het om te vertrek.
Beleef die storie-ondervinding  . . . anders sal jy dit nooit verstaan nie . . .

Aangebied sewe keer per jaar, op ‘n Saterdagaand, per bus deur die donker strate van die Jakarandastad.
Kry meer inligting hier.
Bespreek hier.

Die eerste gedeelte van ons 2018-seisoen het tot ‘n einde gekom met ons teater-op-wiele-uitstappie op 2 Junie. Ons is weer terug in Augustus, nadat die ysende winter verby is!