Rayton Besprekings

BESPREEK HIER VIR DIE RAYTON-met-SPOOKSTORIES-uitstappie

Gaan so te werk:

  • Kies ‘n oornagtreinwa en ‘n slaapkompartement volgens jou keuse uit die lys hieronder.
  • Voltooi dan die besprekingsvorm en stuur.
  • Ontvang binne 24 uur uur jou voorlopige besprekingsbrief met verdere besonderhede waarna jy jou volledige betaling of deposito per EFT kan doen.
  • Die kaartjieprys sluit die storievertelling-aanbieding, akkomodasie en twee etes in. Jy ontvang ook twee gratis kaartjies na die Pretoria Spookbustoer wat jy enige tyd kan gebruik.

Akkomodasie-keuses

Driekwartbed in die Hoof-slaapwa.

Hoofverblyf (R590 per persoon wat deel)

Hierdie treinwa staan onderdak en bestaan uit ses slaapkompartemente. Kies een met slaapplek van jou keuse: twee x enkelbeddens, ‘n driekwartbed of ‘n dubbelbed.
Die wa-deur loop uit op die toegeboude-kuierstoep met groot glasvensters wat oor die terrein uitkyk.
Die wa het een ruim badkamer met bad, wasbak en toilet wat gedeel word soos by enige publieke vakansieplek.
Daar is ook addisionele toilet- en stortgeriewe op die venue-perseel beskikbaar.

Twee enkel slaapbanke in die ekonomiese klas.

 

Ekonomiese verblyf (R490 per persoon wat deel)

Hierdie treinwa staan buite en bestaan uit vyf kompartemente. Kies een met slaapplek van jou keuse: twee x enkel-slaapbanke of ‘n dubbelbed.
Die wa-deur loop uit op ‘n oop sementblad, teenaan ‘n digte bos.
Die wa het een oorspronklike treinstort wat gedeel word.
Daar is ook addisionele toilet- en stortgeriewe op die venue-perseel beskikbaar.

Dubbelbed in die 1ste klas slaapwa.

 

1ste klas verblyf (R690 per persoon wat deel)

Hierdie treinwa staan onderdak en bestaan uit drie groot kompartemente.
Elkeen is toegerus met ‘n dubbelbed en privaat badkamergeriewe.
Die wa-deur loop uit op die toegeboude-kuierstoep.

 


BESPREKINGS:

Ons laaste RATYON-met-SPOOKSTORIES-uitstappie het op 9 September plaasgevind. Gaan loer hier na die foto’s: https://www.facebook.com/pg/PretoriaSpookbus/photos/?tab=album&album_id=10159249483065361

Daar is tans geen toekomstige RAYTON-uitstappies geskeduleer nie, maar voltooi onderstaande indien jy in kennis gestel wil word wanneer daar weer so ‘n uitstappie is.

Die Pretoria Spookbus Toerproduksie