Oorsig

Daar was ‘n tyd – lank, lank gelede – toe mense nog nie aan televisie en selfone verslaaf was nie. Toe families en vriende saans in die kuierkamer, op die stoep of langs die kampvuur bymekaar gekom en die heerlikste spookstories, staaltjies en legendes uit die verlede met mekaar gedeel het.
Tydens ons twee aanbiedings, die PRETORIA SPOOKBUSTOER en die RAYTON-met-SPOOKSTORIES-uitstappie, is dit presies wat jy weer kan herleef: ‘n aand propvol storievertellings aangebied in ‘n teaterstyl.
Jou storieverteller vir beide hierdie aanbiedings is die joernalis en skrywer, Jaco Hough-Coetzee.

_DSC0060
Jou storieverteller vir beide hierdie aanbiedings is Jaco Hough-Coetzee.

Hiertydens word daar nie net diep in die storiekas van die verre verlede rond gekrap vir die herleef van klassieke Suid-Afrikaanse verhale nie, want talle bonatuurlike dinge gebeur steeds tot vandag toe nog om ons – daarom word dié stories ook nader gehark. Ware verhale van mense wat deur iets bonatuurliks van ‘n gewisse dood of ongeluk gered is; selfs verhale van mense wat vertel hoe hulle ‘n vreemde plek – wat hulle as die hemel beskryf – besoek het.
Tussen al die storievertellings deur leer jy meer van die geestelike- en die bonatuurlike dimensie. Raak bewus daarvan dat die menslike dood slegs die oorgang na hierdie ander dimensie is en dat ons gestorwe geliefdes eintlik steeds saam met ons is.
Hoor meer van die verskillende tipe verskynsels wat ‘n mens kry, die geesteswêreld en die manifestasies van geeste.
Daar word egter nie van die historiese agtergrond wat diep in die geskiedenis van die omgewing gesetel is, vergeet nie: Van dié interessante stories word ook met jou gedeel.

Is jy gereed hiervoor? Kom dan saam en word weg geneem in die donkerte van die nag.
‘n Aand uit wanneer ons terugstap in tyd; terug op die voetspore van hulle wat lank voor ons hier gewoon, gewerk en geleef het – maar waarvan sommiges vergeet het om te vertrek . . .

Daarom bied ons nou vir jou:

DIE PRETORIA SPOOKBUSTOER
‘n Teater-op-wiele-ervaring (Kaartjies teen R245 per persoon)
Kry meer inligting hier:
Bespreek hier.

RAYTON-met-SPOOKSTORIES
‘n Teater-inni-Veld-uitstappie (Kaartjies van R490 tot R690 per persoon)
Kry meer inligting hier.
Bespreek hier:

 

IMG_5018
Tydens die aand word van die ware spookstories wat in die omgewing afspeel, vertel. Ons kyk ook na die interessante geskiedenis rondom ons storieroete.

Die Pretoria Spookbus Toerproduksie