TERUGVOERING

'n Uitstappie met 'n verskil: Spookstories - Inligting oor die bonatuurlike - Delf terug in die geskiedenis.

Die Spookstorie-aanbieders gaan uit hul pad om vir jou ‘n aand te bring wat jy informatief, interessant, leersaam, lekker en onvergeetlik sal ervaar. Daarom is jou terugvoering vir ons belangrik.
Maak van die onderstaande vorm gebruik om kommentaar te lewer, of los ‘n boodskap op ons Facebook-blad. Almal wat terugvoering gee se name word in ‘n hoed gegooi en ‘n gelukkige wenner word elke maand getrek om twee gratis kaartjies na die volgende Pretoria Spookbustoer te ontvang wat hulle aan pelle kan skenk om ook hierdie ervaring te beleef.
Almal se terugvoering verskyn ook onveranderd hieronder.

Stuur jou terugvoering
* Verpligte inligting

___________________________________________________________________________

TERUGVOERING VAN 2017-GASTE

Casandra Smith (Rayton-uitstappie): Hoe lekker was dit nie om buite onder die sterre langs ‘n vuur te sit en na al die stories wat Jaco vertel het te luister nie. Party stories was hartseer, party was snaaks en party was scary. Maar die belangrikste vir my was dalk al die geskiedenis wat vertel is en ook die inligting oor die wêreld van spoke.

David Hibbers (PTA Spookbustoer): Die toer is een van die top 5 goed wat jy moet doen. Ongelooflik en elke oomlik die moeitewerd. Wat n toer.

Wessel Fick (Rayton-uitstappie): Sybrand se venue was awesome 5 sterre vir Die vd Merwe Stasie, die kos was heerlik en die porsies meer as genoeg. Dis net ‘n jammerte Dis nie oop vir die publiek nie, die besienswaardighede is ‘n juweel.

Markus Erasmus (PTA Spookbustoer): Kak aand. Ons magie gedrink het nie en ons wasi eers bang gemaak nie. Ons is belowe ‘n aand uit wat jy nooit sal vergeet nie, maar wat ek nooit sal vergeet nie was ‘n boring aand waar ons verbied is om fun te he en ‘n paar drankies te mag he. Fuck this shit!!

Piet van Waveren (Rayton-uitstappie): Baie dankie vir n onvergeetlikke naweek. Om n engelse woord te gebruik dit was “awesome”. Sal weer gaan en die vuur tot 00:00 gasvryheid uot die boekke. Sal weer kom. Was n belewenis. Gaan almak vertel. Baie dankie

Annamarie Schoeman (PTA Spookbustoer): Dit was n lekker aand dankie

Andrew Simpson (PTA Spookbustoer): Al die geskiednis van die plekke was boring. Pretoria is ‘n koloniale oorblyfsel van die apartheidjaare so hoekom die mense wat die plek gebou het se stories vertel wweet ek nie. Moenie gaan nie!!!! Daar is nie spoke nie!!!!!!

Caroline (Rayton-uitstappie): Ek het vir geen oomblik enige ongemak gevoel nie. Vir my was die aanbieding van hierdie stories met baie respek vir die bonatuurlike aangebied. Ek het ook meer geleer omtrent hulle en ook ander verhale gehoor wat nie so bekend is nie. Terwyl ons die oggend koffie gevat het, het ek vir iemand gesê dat hierdie belewenis is wat jy daarvan maak of nie. Vir my was dit groots!

Marie Erasmus (PTA Spookbustoer): Ek was op julle toer Saterdagaand saam met pelle van my. Ek wou eintlik nie gegaan het nie want ek glo nie in spoke en sulke goeters nie. Maar my liewe mamma wat 2 jaar terug oorlede is spook nog met my. Ek het met die toer soveel antwoorde gekry hieroor wat my baie gehelp het. Baie baie dankie oor die alle kennis van die geesteswereld. Ek het nou vertroosting gevind met my mamma se dood.

Magda Coetzee (PTA Spookbustoer): Dankie Jaco en die ander aanbierders vir ‘n great aand. Die stories was so awesome!

Linda Swanepoel (PTA Spookbustoer): Wow julle! Wat ‘n ongelooflike avontuur! Dankie vir die hele span wat dit aangebied het.

 
TERUGVOERING VAN VORIGE JARE

Sonja Janse van Rensburg: Ai maar ons het die Spookbus toer van 19 November soooo geniet!!  Weereens baie dankie vir al julle rëelings om dit vir ons so ‘n onvergeetlike lekker aand te maak!

Lizelle C Krebs: Fantastiese belewenis en so interessant! Baie dankie Jaco en Spookbus Span ! Ek wil net deel dat ek defnitief vooraf geweet het daar sit n dame daar agter in die hoek in die Capitol Theater . Soos daardie glas deure oopgegaan het , het die “reuk” van onsigbare energie my oorval.

Irene Myburgh:  Goeie more. Ons (Piet Myburgh (4) en Irene Myburgh (6))) wil net baie baie dankie sê vir die toer dit was baie profesioneel aan gebied en was ook baie insiggewend gewees. Nogmaals ‘n baie groot dankie aan die hele span (vanaf die drywer tot kantoor personeel) dit was fantasies gewees.

Koos Smith: Dankie vir ‘n besondere leersame aand. Die geskiedenis gedeelte het ek die meeste geniet. Dis net jammer van die twee mans in die groep wat die heeltyd probeer snaaks wees het, en die vrou agter in die bus wat elke keer opmerkings gemaak het terwyl die verteller besig was met die stories.

Dewald Gerrit du Plessis: Dit was ‘n baie leersame ervaring gewees. Daar was 2 plekke wat deel uitgemaak het van die toer waarvan ek geweet het maar oor die toestande waarin hulle is nooit gedink het ek dat ek ooit die binnekant daarvan sal sien nie. Dit gesê, ek sal beslis weer saam julle op toer gaan en ek sal jul beslis aanbeveel vir enige persoon wat uitvra.

Leilani: ‘n Onvergeetlike ervaring. Baie dankie vir die wonderlike aand. Sal verseker weer bespreek. Groete

Jolene: Ek wil net vir julle se vresslik dankie vir die onvergeetlike aand ons almal kan nie uitgepraat raak oor dit nie. DIT WAS N BELEWENIS !!!!!

Marlene du Plessis: Ek wil net baie dankie se vir die wonderlike ervaring en dat ek dit beslis weer sal doen. Ek dink die rede hoekom ek dit so baie geniet het is juis die feit dat geskiedenis in die spookstories verweef is.  Die aanbieding was baie smaakvol en die manier waarop die stories vertel word maak dit lekker om daarna te luister. Dit het my heel aan die begin opgeval dat daar ‘n diepte aan die aand was wat nie by ‘n mens kan verbygaan nie. Die deernis waarmee die stories van die troosgeeste vertel is, het my aangegryp juis omdat daar met soveel begrip vir die dood vertel is dat daar meer aan dood is as wat mens dink. Baie dankie weereens vir ‘n onvergeetlike ervaring.

Gerhard Van Der Merwe: Julle moet gaan dis baie lekker die stories op die bus is net so goed.

Dewald Gerrit du Plessis: Die hele presentation was uitstekend.

Neels van Deventer: Baie dankie vir ‘n onvergeetlike aand! Dit was werklik uniek en leersaam, en die reen het bygedra tot die atmosfeer en die totale effek op die aand.

Naude Kritzinger: Dankie vir ‘n onvergeetlike werklikheids-drama

Verona Delport: Baie dankie vir ‘n magiese Saterdag-aand! Jaco jy is ‘n meester-storieverteller! My ervarings- en werklikhede het ‘n definitiewe grensverskuiwing gehad!Doe so voort!!!!

Die Pretoria Spookbus Toerproduksie